Dele van Vrystaat sonder water oor wanbetaling

Deel op

Virginia, Welkom, Hennenman, Ventersdorp en Alanridge moet Maandagoggend sonder water klaarkom nadat Sedibeng-water die watertoevoer na die Matjhabeng-munisipaliteit opgeskort het.

Sedibeng tot dié stap oorgegaan weens wanbetaling. Die munisipaliteit skuld glo sowat R945 miljoen.

Betalende inwoners is ontstoke en sê dis onaanvaarbaar dat verbruikers wat getrou hul munisipale rekeninge betaal, nou op dié manier behandel word.

Die munisipaliteit het glo nie by ‘n afbetalingsooreenkoms gehou nie.

Sedibeng-water se hoof, Tredwin Takalani, sê by monde van sy woordvoerder, dat hy nie kan kommentaar lewer nie, aangesien hy die hele dag in ‘n vergadering is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.