Twee renosters in Vrystaat geskiet

Deel op

‘n Renostereienaar en talle helpers is warm op die spoor van drie stropers wat gisteraand twee renosters op die plaas Brakfontein tussen Wesselsbron en Bultfontein geskiet het.

Japie Pienaar sê die bul en koei is nie onthoring nie, maar wel ernstig gewond.

Hy sê hy hoop dat sy koei gered kan word, veral omdat sy ‘n een-maand-oue kalf het. Hy sê die bul se prognose is glad nie goed nie – een van sy bene is deur ‘n swaarkaliber-koeël versplinter.

Pienaar sê hy en sy vrou was besig om op die plaas te kamp toe hulle skote hoor. Hulle het dadelik met hul bakkie in die rigting van die skote gejaag en op die gewonde diere afgekom.

Spoorsnyers volg die stropers van die Vetrivier in die rigting van Bultfontein. ‘n Soekgeselskap, insluitend ‘n helikopter, is ingespan.

Pienaar sê hulle is hoopvol dat die booswigte vasgetrek sal word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.