Rand se vooruitsigte bedroewend

Deel op

Negatiewe sentiment teenoor ontluikende markte en ‘n verlangsaming in Chinese groei, het die Rand ‘n knou toegedien.

Globale beleggers het hul risiko probeer beperk deur geldeenhede en aandele in ontluikende markte te verkoop met vernietigende gevolge vir die Johannesburgse aandelebeurs asook die Suid-Afrikaanse geldeenheid.

Goud het gestyg sowel as harde geldeenhede soos die Amerikaanse dollar en Britse pond wat beleggers as minder riskante bates beskou.

China as die wêreld se grootste verbruiker van grondstowwe en kommoditeite in hul strewe om hul ekonomie te laat groei, is egter besig om stoom te verloor.

Hulle het daarin geslaag om hul ekonomie met meer as 7% van die afgelope paar jaar te laat groei, maar die verlangsaming in die Chinese ekonomie het China genoop om hul geldeenheid te devalueer in ‘n poging om hul uitvoersektor te stimuleer.

Suid-Afrikaanse blootstelling aan kommoditeite het ook die Rand negatief geraak. Alhoewel die finansiële sektor die grootste bydraer tot die Suid-Afrikaanse ekonomie is, steun die land steeds op grondstowwe.

Elektrisiteitstekorte, ‘n sukkelende vervaardigingsektor, en ‘n oorbemande staatsdiens waar korrupsie gedy, sal die Rand op die langtermyn verder benadeel, meen ontleders.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.