NWU pak sonkrag-uitdaging

Deel op

Ingenieurstudente aan die Noordwes-Universiteit pak vanjaar ‘n groot bul by die horings wanneer hulle in Oktober skouers skuur met die groot name in sonenergie.

Die studente sal dan in die Bridgestone Wêreld Solar uitdaging in Australië meeding, het OFM berig.

Hulle spring weg in Darwin in die noorde van Australië – 45 voertuie van 25 lande sal oor 3 000 km tot in Adelaide resies jaag.

Volgens spanleier Albert Helberg het hulle nou nuwe tegnologie ingespan om die nuwe voertuig vinniger, ligter, meer doeltreffend en sterker te maak. Dié voertuig word deur die hoeveelheid energie aangedryf wat gelykstaande is aan dié van ‘n haardroër.

Volgens Helberg behoort die span die afstand in sewe dae kaf te draf, maar hul doelwit is om dit in vyf dae te vermag.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.