Twee polisiebeamptes voor vir motorkaping

Deel op

Twee Bloemfonteinse polisiebeamptes wat glo ‘n taxi gekaap het, sal Dinsdag na verwagting weer in die plaaslike landdroshof verskyn.

Mojalelfa Bonties van die Parkweg-polisiekantoor en Delikile Nomandla van die Bloemspruit-polisiekantoor, is vroeër op borgtog van R800 elk vrygelaat.

Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê hulle het glo ‘n taxi gehuur en toe in ‘n woordewisselling met die taxibestuurder betrokke geraak.

Een van die beamptes het glo in die stryery ‘n vuurwapen op die bestuurder gerig, waarna hy die voertuig gestop en uitgespring het om hulp te kry. Die twee beamptes het glo toe probeer om met die taxi weg te ry.

Bonties en Nomandla staan tereg op ‘n aanklag van die rig van ‘n vuurwapen en diefstal.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.