Noord- en Suid-Korea grom weer vir mekaar

Deel op

Suid-Korea het dié naweek dosyne mortiere op Noord-Korea afgevuur nadat Noord-Korea ’n enkele vuurpyl op ’n Suid-Koreaanse dorp naby die wêreld se swaarste bewapende grens afgevuur het, het AP berig.

Die Suid-Koreaanse ministerie van verdediging sê die mortiere het naby die plek geland van waar die Noord-Koreane hul vuurpyl afgevuur het. Dit wil voorkom asof Noord-Korea nie gereageer het op Suid-Korea se reaksie nie.

Noord-Korea het in die verlede gedreig om Suid-Koreaanse luidsprekers aan te val, wat vir die eerste keer in elf jaar begin het om anti-Pjongjang propaganda-boodskappe oor die gedeelde grens uit te saai.

Nagenoeg 80 inwoners van die Suid-Koreaanse dorp waar die vuurpyl geval het, is vir veiligheid na ondergrondse bunkers geneem.

Die oorgrens propaganda-oorlog volg nadat Seoel Pjongjang daarvan beskuldig het dat dit landmyne aan die Suid-Koreaanse kant van die gedemilitariseerde sone geplant het wat vroeër die maand twee Suid-Koreaanse soldate vermink het.

Die outoritêre Noord-Korea is uiters sensitief vir enige kritiek teen die regering van Kim Jong Un, wie se familie aan bewind is sedert die land in 1948 tot stand gekom het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.