Duisende asielsoekers oorweldig EU-grenspos

Deel op

Duisende migrante uit Afrika en die Midde-Ooste het oor die Masedoniese grens gestorm en veiligheidsmagte oorweldig.

Die land het Donderdag ‘n noodtoestand afgekondig en sy grense vir vlugtelinge gesluit.

Veiligheidsmagte het skokgrenate en knuppels ingespan om onwettige immigrante in bedwang te probeer bring, maar Masedonië het tevergeefs probeer om die jongste mensegety te keer.

Duisende stroom uit die Balkan na Wes-Europa – waar grensbeheer tussen Schengenlande afgeskaf is – om van staatstoelae te kan leef.

Ten minste 5000 migrante het aangekom in Serwië Sondag op ‘n reis verder wes, nadat die naburige Masedonië se pogings om hulle te verhoed, misluk het.

Betrokke Europese leiers het oproepe gedoen vir ‘n “radikale aanpassing” in die EU se migrasiebeleid, voordat die EU “sy siel verloor”.

Duisende vlugtelinge – hoofsaaklik uit die oorloggeteisterde Sirië, sowel as uit Afrika en Asië – het Serwië hierdie naweek bereik, nadat hulle met geweld deur die Griekse-Masedoniese grens gebreek in ‘n poging om verder in die EU te reis na meer vrygewige lande.

Alhoewel die Masedoniese polisie aanvanklik ​​die mensevloei met skokgranate en traangas kon terughou, het die land intussen besluit om migrante na Serwië te laat deurreis.

Die Serwiese minister van verdediging Bratislav Gasic sê hulle verwag dat “die mensegolf in die volgende dag of twee van ‘n soortgelyke intensiteit sal wees” het Reuters berig.

Nog ‘n Serwiese regeringsamptenaar wat anoniem wou bly het gesê dit is “die grootste getal in een dag so ver”.

Die “vlugtelingkrisis” is die “grootste uitdaging sedert hereniging” van Duitsland het die Duitse Visekanselier Sigmar Gabriel Sondag gesê.

Europa sal hul beleid “radikaal moet verander” het Gabriel gesê in ‘n onderhoud met Duitsland se ARD openbare uitsaaier.

Die Italiaanse minister van buitelandse sake het Sondag gesê, die “siel” van die EU sal met die vrye beweging van mense bedreig word nalv die situasie by die Griekeland-Masedonië grens.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.