Burgerlugvaartowerheid weier toegang tot ambulansvlug-opnames

Deel op

Die Bestuurshoof van die Prosperity Groep en van E-Med Rescue 24 Namibië, Bertus Struwig sê hulle sal voortgaan met hulle stryd om toegang te kry tot die vlugopnames van die ambulansvlug wat verlede naweek verongeluk het.

Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid het toegang tot die opnames geweier.

Van die laaste gesprekke tussen lughawebeheer en die vlieëniers van die Namibiese lugambulans is verlede Sondagoggend opgeneem voordat die vliegtuig met vyf mense aan boord naby Kaapstad neergestort het.

Al vyf is in die ongeluk dood.

Die Namibiese reddingsdiens het intussen ‘n regspan aangestel om hulle te help om te bepaal wat presies daardie oggend gebeur het.

Die vlugambulansdiens ER24 het vroeër in ‘n verklaring gesê: “Daar word verstaan van die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika dat alle vliegtuie wat die Kaapstadse Internasionale Lughawe in die tyd genader het, in ‘n lugtou geplaas is weens ‘n tegniese fout met hul radars.

“Die E-med Rescue24 se vliegtuig was ook in die lugtou op dié tydstip. Ons het kontak verloor met die vliegtuig ongeveer sewe myl buite die lughawe,” het die verklaring gelui.

Burgerlugvaartowerheid het verklaar dat hulle hul volle samewerking met die ondersoek sal gee.

Intussen het polisie die man uitgeken wat dood is nadat sy ligte vliegtuig in die agterplaas van ‘n huis op Brits in Noordwes neergestort het.

Hy was die 45-jarige Andre Denoon. Die Brits Vliegklub sê die ongeluk het gister plaasgevind.

‘n Woordvoerder, Loanne Louw, sê die vliegtuig het oënskynlik na opstyging neergestort. Denoon word oorleef deur sy vrou Tanya en twee dogters.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie vasgestel nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.