Griekeland se eerste minister bedank

Deel op

Die Griekse premier, Alexis Tsipras het bedank en het aangekondig dat ‘n blitsverkiesing op die 20ste van aanstaande maand gehou sal word.

Sy bedanking volg kort nadat die land die eerste betaling van 13 miljard Euro van die Eurogebied ontvang het, maar daar heers onenigheid in sy party weens ‘n nuwe ekonomiese reddingsboei wat met internasionale krediteure aangegaan is.

Tsipras het verlede week die parlement se steun gekry vir ‘n drie jaar program van erge besnoeiings, maar Grieke is oor die algemeen ontevrede oor die besparingsmaatreëls.

Dit is die derde keer in net meer as ‘n jaar dat Griekeland na die stembus gaan.

Die eerste 13 miljard Euro sal die land in staat stel om skuld aan die Europese Sentrale Bank terug te betaal en slegte skuld te vermy.

Die besuinigingsmaatreëls wat ingestel moet word om die reddingsboei te ontvang het tot ‘n opstand in die linkse vleuel van Tsipras se party gelei.

Die Internasionale Monetêre Fonds het intussen gesê Griekeland het daadwerklike skuldverligting nodig.

Dit volg nadat Duitsland geweier het om Griekeland se skuld af te skryf, maar langer betalingstermyne of laer rentekoerse voorgestel het as voorwaardes vir ‘n derde reddingsboei.

Vroeër het die Duitse parlement met ‘n oorweldigende meerderheid gestem om ‘n nuwe reddingsboei vir Griekeland te steun.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.