Twis tussen Rusland en SA oor visums

Deel op

‘n Diplomatieke onderonsie dreig tussen Suid-Afrika en Rusland oor visums.

‘n Besluit deur Moskou om nie visum-vereistes vir Suid-Afrikaners te verslap nie, het glo gelei tot die verskil.

Suid-Afrikaanse sakelui is ontevrede dat Suid-Afrika nie ingesluit word by BRICS-lande nie, aangesien visum-vereistes vir alle lede van die BRICS-lande intussen verslap is.

Volgens Rusland moet Suid-Afrikaners persoonlik om visums aansoek doen.

Die mede-voorsitter van die Rusland/Suid-Afrika sakeforum, Ndaba Ntsele sê hulle het die kwessie telke male sonder sukses met die Russiese regering probeer oppper.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.