Vier wat Potch-boer vermoor het, steeds soek

Deel op

Niemand is nog weens die moord op ‘n beesboer van Potchefstroom in hegtenis geneem nie.

NUUT!

Polisiewoordvoerder in Noordwes, Pelonomi Makau, sê vier swart aanvallers, wat ‘n blou Subaru sonder ‘n registrasienommer gery het, word gesoek.

Die aanvaller het die 68-jarige Koos van der Leeuw Dinsdagoggend by die Potchefstroom Abbatoir in ‘n gewapende rooftog geskiet. Hy is later in die Mediclinic Sandton oorlede.

Makau sê vier skote is na bewering op Van der Leeuw afgevuur waarvan een ‘n kopskoot was. Dit kom nadat Van der Leeuw omstreeks 06:00 met ‘n sakeman van Krugersdorp by die abbatoir vir ‘n kontanttransanksie ontmoet het.

OFM-nuus verneem die transaksie was vir die handel van beeste.

Makau sê een van die aanvallers het glo geld geëis en ‘n onbekende bedrag geld en ‘n selfoon by die sakeman afgeneem. Van der Leeuw het glo uit sy motor geklim om te help. ‘n Saak van moord en roof word ondersoek.

Intussen word ‘n herinnerings-diens vir Van der Leeuw Dinsdagoggend om 11:00 in die NG Kerk-Suiderkruis in Potchefstroom gehou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.