Suid-Soedan verwerp vredesooreenkoms

Deel op

Suid-Soedan se regering het Dinsdag ’n vredesvoorstel veroordeel, het AFP berig.

Die regering is onder toenemende diplomatieke druk om die ooreenkoms te sluit nadat rebelle toegestem het om dit te doen en sodoende die burgeroorlog te beëindig.

“Ons is van mening dat hierdie dokument nie die mense van Suid-Soedan sal red nie,” het die minister van inligting, Michael Makuei, gesê.

Pres. Salva Kiir het pas teruggekeer van vredesamesprekings in Ethiopië en het nou 15 dae om die ooreenkoms met die volk te bespreek.

Diplomatieke frustrasie het breekpunt bereik oor die konflik wat reeds die lewe van tienduisende mense geëis het.

Die internasionale gemeen­skap dreig ook met sanksies indien ’n ooreenkoms nie teen Maandag bereik is nie.

“Indien hulle nie gehoor gee nie, sal dit gevolge hê,” het ’n woordvoerder van die Europese Unie gesê.

Die rebelleleier, Riek Machar, het laat Maandag die ooreenkoms onderteken en ’n beroep op Kiir gedoen om sy voorbeeld te volg.

Kiir, wat by was met die ondertekening en self hand geskud het met Machar, het egter gewaarsku dat dit nie moontlik sou wees om ’n geloofwaardige ooreenkoms te sluit nie, omdat die rebellemagte verdeeld is.

Die oorlog in Suid-Soedan het in Desember 2013 uitgebreek toe Kirr sy voormalige adjunkpresident, Machar, daarvan be­skuldig het dat hy ’n staatsgreep beplan het.

Dit het tot weerwraakaanvalle in die armoede-geteisterde land gelei en die land etnies verdeel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.