EU vrees tweede ‘Somalië’ in Libië

Deel op

Verskeie Europese lande en Amerika het Maandag ’n gesamentlike verklaring onderteken waarin die “barbaarse” dade veroordeel word wat deur die Islamitiese Staat-groep (ISIS) in Libië uitgevoer word.

Italië se minister van buitelandse sake, Paolo Gentiloni, sê indien vredesamesprekings nie daarin slaag om ’n einde aan die burgeroorlog in die land te maak nie, “sal ons nog ’n Somalië twee tree van ons kus” hê.

ISIS-militante het in Junie beheer oor die afgesette leier, Moeammar Ghaddafi se vesting, Sirte oorgeneem en 12 plaaslike milisielede onthoof en hul liggame gekruisig.

Senator John McCain het vroeër gereageer op ‘n gerugte dat die ISIS-teregstellingsvideo wat pro-Russiese kuberkrakers skynbaar op een van sy medewerkers se elektroniesetoestelle ontdek het, ‘n “geklike samesweringsteorie” is.

CyberBerkut het die video vrygestel, wat hulle beweer bewys dat die VSA ISIS ondersteun en moontlik self verantwoordelik is vir die vervaardiging en vrystelling van dié omstrede videos.

CyberBerkut het voorheen NAVO-webtuistes gekraak en korrespondensie van binne die Amerikaanse ambassade in die Oekraïne gesteel.

Die groep het daarop aangedring dat die materiaal op een van McCain se assistente tydens ‘n reis na die Oekraïne onderskep is, maar kon nie verder bewys lewer van hul bewerings nie.

Wat wel ironies is, is dat McCain vergadering het met ‘n individu wat nou die leier van ISIS-magte in Libië is – Abdelhakim Belhadj – en wat direk betrokke was in die omverwerping van kolonel Gaddafi saam met Amerikaanse en NAVO-magte.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.