Sierra Leone hoop Ebola is verby

Deel op

Vyf maande ná die laaste Ebola-sterfte, het Musa Kamara na sy tuisdorp gereis om die einde van Ramadaan te vier.

Sy skielike dood het egter die nuus laat versprei dat die dodelike virus nog nie die nekslag toegedien is in sy land nie.

Amptenare het onmiddellik ‘n kordon by die nedersetting met sy nagenoeg 600 inwoners opgestel en oranje plastiese omheining aangebring om die helfte van die inwoners vir die 21 dag lange kwarantyn-tydperk ná moontlike blootstelling af te sonder.

AP het berig dat opgewonder inwoners begin sing en dans het toe pres. Ernest Bai Koroma die plastiekheining geknip het en sodoende ‘n formele einde aan Sierra Leone se grootste oorblywende kwarantyngebied gemaak het.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Maandag aangekondig dat 43 mense tot die einde van die week in kwarantyn sal bly.

Nóg 38 mense in die hoofstad, Freetown, waar Kamara gewoon het, moet tot 29 Augustus in kwarantyn gehou word.

Amptenare hoop om spoedig die aftelling te begin om ‘n Ebola-vrye verklaring van die WGO te kry, byna 15 maande nadat die eerste pasiënt in Sierra Leone positief vir Ebola getoets is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.