Bangkok-bommer is ‘uitlander’

Deel op

Die man waarna Thailand se owerhede nou soek, is opgemerk op kringtelevisie-beeldmateriaal naby die Hindoe Erawan-tempel waar die bom ontplof het.

‘n Polisiewoorvoerder, het aan AP gesê die man is nie slegs die verdagte nie, hy is die bomplanter.

Daar word vermoed dat die verdagte van Oeigoer-oorsprong is, maar premier Prayut Chan-o-cha het Woensdag die gerugte ontken. Die Oeigoere is ‘n Moslemminderheid van die weste van China wat streef daarna om outonomie van die vasteland te bekom.

Die Bangkok Post het die week gesê Oeigoermilitante het die bom geplant uit weerwraak na Thailand se deportasie van 109 Oeigoervlugtelinge na China.

Minstens nege van die slagoffers was burgers van verskeie Asiatiese lande, maar veral Chinese het omgekom.

Die regering het gesê die aanval Maandag tydens spitstyd in Bangkok se middestad was daarop gemik om die ekonomie en die toerismebedryf te vernietig.

Niemand het nog verantwoordelikheid vir die daad aanvaar nie.

Dinsdag het die spanning in die stad toegeneem toe ’n klein ploftoestel van ’n brug af in ’n rivier gegooi is, maar niemand is beseer nie, het ’n polisiebeampte op die toneel gesê.

Somyot Pumpanmuang, Thailand se nasionale polisiehoof, het egter toegegee dat die man ‘n buitelander kan wees.

“Daardie man het ’n rugsak gedra en verby die toneel gestap toe die voorval plaasgevind het. Maar ons moet na die beeldmateriaal voor én ná die voorval kyk om te bepaal of daar ’n verband is,” het Somyot op ’n media­konferensie gesê.

Die polisie het die toneel van die ontploffing Dinsdag vir leidrade gefynkam. Die polisie het ook bevestig dat 22 mense dood en 123 in die aanval beseer is.

Volgens die polisie is die ontploffing deur ’n pypbom veroorsaak.

China se amptelike nuusagentskap, Xinhua, het berig dat vier van die slagoffers Chinese was.

Twee Maleisiërs, ’n Singapoerees, ’n Indonesiër en ’n Filippyn het ook omgekom. Talle van die gewondes is Chinese en Taiwanners.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.