Bangkok-bomaanvaller geïdentifiseer

Deel op

Thailand se junta-hoof het verklaar dat die owerhede op soek is na ’n verdagte wat op CCTV-beeldmateriaal geïdentifiseer is, het AFP berig.

Hy is naby die toneel van Maandag se bomontplof­fing in Bangkok opgemerk wat die lewe van minstens 20 mense geëis het en meer as 100 mense beseer het.

Premier Prayut Chan-O-Cha het gesê Facebook-boodskappe waarin gewaarsku word oor dreigende gevaar voor die Bangkok-bom, kom van ’n teen-regeringgroep waarvan die basis in die noordooste van die land is. Die gebied is die hartland van die koninkryk se sogenaamde Rooi Hemp-beweging.

Die ministerie van verdediging het egter gesê dit het geen vooraf kennis van enige beplande aanval gedra nie.
Maandag se bomaanval in spitsverkeer by ’n gewilde bedevaartsplek by ’n besige kruising, het liggame aan flarde geruk, vensters uitgeruk en motorfietse uitgebrand sodat net die metaalrame oorgebly het.

“Dit is die ergste voorval wat nog in Thailand gebeur het,” het Chan-ocha gesê. “Hulle wil ons ekonomie, ons toerisme vernietig.”

Die ontploffing het omstreeks 19:00 plaasgevind in ’n gebied vol toeriste, kantoorwerkers en mense wat besig was om inkopies te doen.

Bangkok het sedert 2006 ­herhaaldelike geweld ervaar, maar buitelanders was selde slagoffers van die geweld.

Die land het ook reeds twee ­staatsgrepe sedert 2006 beleef.

Die mees onlangse was in 2014 wat die verkose regering van Yingluck Shinawatra omver­­gewerp het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.