Palestyn geskiet na mesaanval

Deel op

’n Palestynse man is Maandag deur die Israeliese polisie doodgeskiet nadat hy een van hul makkers by ’n militêre deursoekingspunt in die besette Wes-Oewergebied met ’n mes aangeval het, het Reuters berig.

Die voorval volg twee dae nadat nóg ’n Palestynse man doodgeskiet en ’n ander gewond is nadat hulle volgens Israeliese owerhede mesaanvalle op troepe in die Wes-Oewer uitgevoer het. In albei gevalle is die Israeliese personeel net lig beseer.

Sedert Amerikaans-geleide vredesamesprekings in April 2014 ’n dooie punt bereik het, is die situasie in Wes-Oewergebied en die oostelike deel van Jerusalem gespanne, met onderstrominge van geweld wat telkens tot uitbarsting kom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.