Prasa ontken dat Spaanse lokomotief ongeluk veroorsaak

Deel op

Beamptes van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) en Transnet werk onverpoos om te verseker dat die spoorlyn waar ‘n Shosholoza Meyl-passasierstrein naby Kimberley in die Noord-Kaap ontspoor het, weer vir spoorverkeer oopgestel word.

Prasa se uitvoerende bestuurder van hooflynpassasiersdienste vir Shosholoza Meyl en Premier-klas treine, Mtuar Swartz, sê opruimingswerk is in die proses.

Volgens hom is dit normale prosedure in soorgelyke situasies om die trein eers terug op die spoorlyn te plaas en dan die wrakstuk te verwyder.

Swartz het vroeër aan OFM-nuus bevestig ‘n veelbesproke splinternuwe Afro 4000-lokomotief van Spanje het die trein getrek, maar dié ongeluk is nie deur dié lokomotief veroorsaak nie.

Hy sê dié lokomotief was geskik om die spoorlyn te gebruik.

Volgens hom dui ‘n voorlopige ondersoek daarop dat herstelwerk aan die deel van die spoorlyn plaasgevind het en tydelike voorsorgmaatreëls is in plek gestel vir die gebruik daarvan. Hy sê die treindrywer is egter nie ingelig van die verwikkelinge nie en het nie sy spoed verminder nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.