ANC se staatsmynmaatskappy in Mpumalanga opgerig

Deel op

Die ANC in Mpumalanga het aangedui dat ‘n provinsiale mynmaatskappy onder staatsbesit geskep kan word om ekonomiese groei en swart bemagtiging te bevorder.

Die besluit is geneem tydens die party se provinsiale kongres, het RSG berig.

Die ANC is glo bekommerd oor die stadige tempo van transformasie in die mynbedryf in Mpumalanga.

Die ANC se provinsiale sekretaris, Lucky Ndinisa sê die regering moet met ‘n lewensvatbaarheidstudie in dié verband begin.

Die regering het intussen ook ‘n komitee saamgestel om onwettige mynbedrywighede te bekamp. Die komitee sluit verteenwoordigers van die departement van Minerale Hulpbronne, intelligensiedienste, die polisie en ander rolspelers in.

Die departement het die parlementêre komitee oor Minerale Hulpbronne toegespreek.

‘n Departementslid, Reuben Masinga sê ‘n geïntegreerde forum is die beste manier om ‘n einde aan onwettige mynbedrywighede te maak.

Die SABC het ook ‘n swart sepie bekendgestel wat onder meer handel oor onwettige myners.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.