Swart taxibestuurders steek busse in George aan die brand

Deel op

Woedende swart taxibestuurders in Thembalethu in George in die Suid-Kaap het volgens die jongste berigte vyf Go George-busse na bewering aan die brand gesteek en nog een met klippe bestook.

Hulle is teen die implementering van dié openbare busdiens gekant, het RSG berig.

Toegang tot die woonbuurt is versper wat tot verkeersopeenhopings op die N2-hoofweg gelei het. Die polisie is in die gebied ontplooi en monitor die situasie.

‘n Woordvoerder van die George taxi-vereniging sê hulle het ‘n dispuut oor die kwessie met die munispaliteit verklaar, maar daar is nogtans besluit om met die diens voort te gaan.

Die polisie in George het intussen verskeie mense vir ondervraging ingeneem ná openbare geweld.

Die taxibestuurders sê hulle ondernemings word geraak. Hulle sê sommige vergoedingskwessies is nog uitstaande.

‘n Woordvoerder van die polisie, Malcolm Pojie sê twee taxis is geskut.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.