Twee leerlinge van Witbank-skool aangerand

Deel op

Twee leerlinge van ’n plaaslike skool in Witbank is in hegtenis geneem na ’n aanval op wit medeleerlinge.

Die twee leerlinge is Vrydag 14 Augustus gearresteer en het Maandag 17 Augustus in Witbank Landdroshof verskyn op klagtes van aanranding en roof.

Die name van die seuns word intussen weerhou omdat hulle minderjarig is.

Dié aanranding het omstreeks 13:45 net om die draai van dié skool plaasgevind.

’n Daaglikse roetine, soos huiswaarts keer na skool, het nou in ’n nagmerrie ontaard vir die twee slagoffers.
Die twee leerlinge onderskeidelik 15 en 16 jaar oud is té bang om in die middae huis toe te loop.

“Die skool het net uitgekom en ek en my vriend was op pad huis toe. Voor die winkel net om die hoek van die skool het ons die agt seuns gesien. Twee was bekend want hulle is in ons skool. Ons het nie moeilikheid verwag nie” het die 16-jarige die gebeure geskets.

Hy het vertel dat alles in ’n oogwink in chaos ontaard het toe die groep van agt hulle weg versper het.

“My eerste instink was om my foon vas te druk. Ek het gesien hoe my vriend ook sy foon vasdruk. Die volgende oomblik toe waai die vuiste. Uit die hoek van my oog het ek gesien hoe hulle my vriend van sy fiets afslaan.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.