Teoloë byeen om Kairos-dokument te herdenk

Deel op

Verskeie plaaslike teoloë en teoloë uit onder meer Noorweë, Zambië en Latyns-Amerika het in Soweto byeengekom om die verskyning van die Kairos-dokument dertig jaar gelede te herdenk.

Dié byeenkoms kom te midde van ‘n wêreldwye Christelike beweging teen Israel se hantering van die Palestynese kwessie en ‘n soortgelyke dokument ter ondersteuning van Palestina.

Verlede jaar, het die Presbyterian Church USA gevra dat Caterpillar en ander Amerikaanse maatskappye wat betrokke is in die Israeliese besetting, geboikot moet word.

Die Verenigde Metodiste Kerk en verskeie Quaker liggame het soortgelyke aksies geneem teen wat hulle grootskaalse menseregteskendings deur Israel noem.

Die Verenigde Kerk van Christus in die VSA, die UCC, ondersteun disinvestering, terwyl die Episkopale Kerk dit verwerp.

Sogenaamde progressiewe Amerikaanse Jode het tewens gevra of die UCC se jongste besluit ‘n “keerpunt” vir disinvestering teen Israel verteenwoordig.

Volgens die New York Times is dit nog net die “Mennoniete en Episkopaliërs wat sê nee”.

Die linkse Israeliese koerant Haaretz gesê beide kerke se besluit is ‘n belangrike deurbraak vir BDS teen Israel.

Die oorspronklike dokument is in 1985 deur ‘n groep hoofsaaklik swart teoloë vrygestel in reaksie op wat hulle bestempel het die kerk se louwarm houding teen apartheid nadat ‘n noodtoestand op 21 Julie 1985 afgekondig is.

Aktiviste wil nou hê kerke moet sterker optree teen die lot van armes.

Die voormalige direkteur-generaal in die kantoor van president Thabo Mbeki, eerwaarde Frank Chikane, was een van die opstellers van die Kairos-dokument.

Eerwaarde Allan Boesak is een van die onderstekenaars van die Kairos-dokument teen Israel wat in Desember 2009 onderteken is en wat ‘n oproep vir ‘n “Nuwe Jerusalem” verteenwoordig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.