Meer as 100 beseer toe Shosholoza ontspoor

Deel op

Meer as 100 mense is glo beseer toe ‘n trein in die vroeë oggendure gedeeltelik ontspoor het buite Kimberley in die Noord-Kaap, het IOL berig.

Die Shosholoza-passasierstrein van Johannesburg na Kaapstad het vroeg Woensdagoggend buite Kimberley ontspoor.

Die trein is blykbaar deur een van die nuwe Afro-4000 lokomotiewe getrek. Die woordvoerder van ER-24, Werner Vermaak.

Volgens berigte was daar onder meer lede van ‘n Britse toergroep aan boord van die trein. Die passasiers word nou per bus na Kaapstad vervoer.

Die voorval het net ná middernag by Modderrivier, ‘n klein dorpie langs die N12-hoofweg sowat 32 km van Kimberley, gebeur.

Hoewel besonderhede rondom die oorsaak van die ongeluk nog karig is, word daar ook gewerk aan die spoor.

Beseerde passasiers is vinnig bygestaan deur Transnetpersoneel op die toneel asook ‘n vloot van ambulanse om die beseerdes na die Kimberley-hospitaal te vervoer.

Ongeveer agt ambulanse van ER24, Netcare 911 en die provinsiale ambulansdiens moes verskeie reise tussen die ongelukstoneel en Kimberley onderneem.

Terwyl die meeste passasiers net ligte beserings opgedoen het, is die drywer van die trein glo ernstig beseer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.