Vliegongeluk by Meksikaanse grens eis vier

Deel op

Vier mense is in ‘n vliegtuigongeluk Sondag dood toe twee klein vliegtuie in suidelike Kalifornië in Amerika naby die Meksikaanse grens gebots het.

Een van die vliegtuie is ‘n twee-motorige Sabreliner en die ander een ‘n enkel-motorige Cessna 172, het AFP berig.

Die ongeluk het naby die Brown Field-lughawe in San Diego gebeur, het die Los Angeles Times berig. Dit het die lewe van vier mense geëis en klein veldbrande veroorsaak, luidens die San Diego Union-Tribune.

Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie, aangesien die lugvaartowerhede se ondersoek nog voortduur.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.