Namibiese president lê klem op SAOG se kragvoorsiening

Deel op

President Hage Geingob het by sy intreetoespraak by die SAOG-spitsberaad in Gaborone gesê die armes kan nie natuurlike hulpbronne, demokrasie of grondwette eet nie.

“Ons mense kan nie natuurlike hulpbronne eet nie. Ons mense kan nie demokrasie eet nie. Ons mense kan nie goeie grondwette eet nie. Demokrasie is egter die voorwaarde om in ons mense se basiese behoeftes te voorsien,” het Geingob gesê.

Hy het klem gelê op waardetoevoeging wat die ekonomiese onderbou van rustofverwerking behoort te vorm, het die Republikein berig.

“Die uitvoer van rustowwe beteken eenvoudig dat ons werkgeleenthede uitvoer. Dit ontneem ons die geleentheid om te industrialiseer en ons mens-like kapitaal te ontwikkel. Ons moet ’n einde maak aan die tendens wat meebring dat ons handel dryf met goedere wat ons nie verbruik nie, en goedere verbruik wat ons nie produseer nie,” het Geingob gesê.

Ten einde te industrialiseer, is betroubare elektrisiteitsvoorsiening noodsaaklik. Streeksamewerking is die sleutel om te verseker dat SAOG sy elektrisiteitstekort oplos. Nog ’n aspek wat streeksamewerking vereis, is die ernstige droogte wat die SAOG-streek teister, het Geingob gesê.

Hy het ook daarop gewys dat die streek sy afhanklikheid van buitelandse ontwikkelingshulp moet verminder ten einde ekonomiese soewereiniteit te verseker.

“Ongeag hoe karig ons finansiële bronne mag wees, is ek van mening dat indien ons saamstaan in die gees van ‘harambee’, (Swahili vir trek saam), ons die oogmerke vir ’n geïndustrialiseerde, vooruitstrewende streek sal verseker,” het Geingob gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.