Buitelandse student by kultuurfees gesteek

Deel op

’n Buitelandse student by die Universiteit van Namibië (Unam) is Vrydag in ‘n parkeerarea op die hoofkampus in Windhoek met ’n skerp voorwerp gesteek.

Die student is ’n Zambiese burger en die onder­onsie was oor ’n selfoon. Die student verkeer tans in ‘n stabiele toestand.

Uman se woordvoerder het ontken dat die voorval enigiets met die kultuurfees by die universiteit te make gehad het.

Die woordvoerder het gesê die kultuurfees het by Unam se stadion plaasgevind en geen voorvalle van soortgelyke aard of beserings is aangemeld nie.

Sekuriteitmaatreëls by die universiteit sal intussen opgeskerp word en daar sal veral na die ontspanningsareas gekyk word.

“Unam se sekuriteit neem die voorval ernstig op en probeer presies bepaal wat gebeur het,” het die woordvoerder aan die Republikein gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.