Bruin ouers bots weer met swart onderwysdepartment

Deel op

Vyf mense is na wat berig word beseer deur rubberkoeëls nadat die polisie na bewering Dinsdagoggend op ‘n skare bruin ouers by die Roodepoort Laerskool losgetrek het.

Die Citizen berig dat een ouer in die hospitaal opgeneem is nadat hy deur die polisie geskiet is.

Dit kom kort op die hakke van die departement van onderwys se aankondiging dat hulle tydelik die skool sal sluit weens voortgesette ontwrigting.

Die skool se roetine is ontwrig deur gewelddadige betogings oor die aanstelling van ‘n swart skoolhoof, Nomathemba Molefe, en haar adjunkte.

‘n Besluit is geneem om bruin leerlinge van die skool na die naburige skole te verskuif om die opstand te probeer ontlont.

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, se kantoor is in ‘n krisis gedompel weens sy departement se besluit om ‘n swart skoolhoof oor bruin kinders aan te stel.

Hierdie besluit is grondig deur bruin lede van die gemeenskap verwerp.

Timeslive berig dat Lesufi sy kantoor beveel het om vir die volgende ses dae slegs op die rassekonflik by die skool te konsentreer.

Woedende bruin ouers by die Roodepoort Laerskool het gesê hulle weier om toe te laat dat hul kinders by ‘n tydelike fasiliteit onderrig ontvang omdat hulle bang is vir hul veiligheid.

Nadat die Gautengse premier, David Makhura die skool tydelik gesluit het, het ouers probeer keer dat busse bruin kinders na ‘n skool in Soweto neem.

Spanning by die skool het Maandag weer tot ‘n uitbarsting gekom met ‘n bruin ouers wat vra dat die swart skoolhoof bedank.

Bruin ouers beweer hul woede het niks te doen met ras nie en alles te doen met wat hulle beskou as korrupsie by die skool.

Hulle beweer die Departement van Onderwys speel van die rassekaart om die waarheid te verberg.

Voor die leerlinge van die skool vervoer is, het bruin ouers die “k”-woord vir die polisie geskree en hulle beveel om hul kinders terug te bring.

Die bruin gemeenskap buite die skool het glo die polisie oorweldig, waarna die wetstoepassers begin skiet het.

Die EFF sê hulle wil die gemeenskap van Dobsonville, wes van Johannesburg ondersteun om te verseker dat klasse by die Roodepoort laerskool, ongehinderd kan geskied.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.