Nuwe lekkerleesverhaal deur Kas van den Bergh oor ABO!

Deel op

Prisca Uitgewers het so pas ‘n lekkerleesverhaal deur die bekende en beminde skrywer Kas van den Bergh gepubliseer. Die roman met die titel Vryheid vaarwel speel af tydens die Anglo-Boereoorlog.

Oktober 1899. Hannes van Zyl, ‘n kolonialer, ontmoet vir Willemien op haar pa se plaas in die Vrystaat. Sy haal hom oor om vir die Vrystaat te veg sodra die oorlog uitbreek. En van verloop dinge heelwat anders as wat enige iemand verwag het…

Kas het die oorlog in die Stormberge goed nagevors en die gebeure is histories korrek – selfs die absurde optrede van kommandant Olivier by die inval van Aliwal-Noord.

Op tipiese Kas van den Berg-styl word die verhaal oor die oorlog in werklikheid ‘n gesprek oor vryheid.

Koop die boek op die produkbladsy.

In ‘n resensie wat vandag in Beeld en ander Media24-dagblaaie verskyn, skryf Gert van der Westhuizen:

Deur die oë van die ontnugterde Van Zyl en van sy ander karakters, laat Van den Bergh ’n mens opnuut wonder oor wat vryheid nou werklik behels…

Dit sal enige leser heelwat gee om aan te herkou en dít op sigself maak dit die moeite werd om Vryheid vaarwel te lees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.