Waterstaking kan 11 miljoen mense raak

Deel op

Meer as 11 miljoen mense staar moontlike watertekorte in die gesig as werkers by Rand Water begin staak.

Samwu het gewaarsku dat krane kan droog loop indien die maatskappy nie reageer op die werkers se eise nie.

Sowat 4000 lede van die unie – betrokke in beide die behandeling en verspreiding van water – het Maandag kennis gegee van hulle voorneme om te staak.

Onderhandelinge het in duie gestort toe Samwu die aanbod deur die watermaatskappy verwerp het. Die twispunte handel oor salarisverhogings, behuisingstoelae en bonusse.

Die watermaatskappy sê daar is tydens ‘n vergadering met vakbonde wel bevestig dat die ooreenkoms oor minimum-diensvlakke nie betwis sal word nie.

“Ons volgende afspraak met Rand Water sal op die strate wees,” het Samwu gewaarsku.

Rand Water het egter die versekering gegee dat hy steeds hoë gehalte drinkwater aan sy al kliënte sal verskaf, selfs al staak sy werkers.

Indien die staking voortgaan kan inwoners in Johannesburg, Pretoria en dele van Mpumalanga geraak word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.