Mandela se kleinseun vas vir verkragting

Deel op

Die kleinseun van Nelson Mandela is volgens berigte in hegtenis geneem die naweek vir die beweerde verkragting van ‘n 15-jarige meisie by ‘n gewilde restaurant in Greenside, Johannesburg verlede Vrydag.

Volgens die meisie se familiewoordvoerder wat met die Daily Sun gepraat het, is die tiener na die toilet toe Mandela se kleinseun, Mbuso Mandela haar gegryp het en haar verkrag het in een van die toilette.

Die meisie se pa het probeer om ‘n strafsaak te open, maar is deur Winnie Madikizela-Mandela se lyfwag. geïntimideer om dit te laat vaar.

Madikizela-Mandela het glo gevra dat die familie van die meisie hul “tyd” gebruik om die kwessie te oordink en op te los.

Winnie se lyfwag het aan die familie voorgegee dat hy van die polisie is, sê die meisie se familiewoordvoerder.

“Dit blyk hy is deur Winnie gestuur,” het die woordvoerder gesê.

“Net omdat hulle ‘n bekende naam het, dink hulle hulle kan wegkom met misdaad,” het hy gesê.

Gauteng se polisiewoordvoerder brigadier Mashadi Selepe het gesê ‘n saak van verkragting is geopen op 14 Augustus en die verdagte het Maandag verskyn.

Die saak is intussen uitgestel en die beweerde verkragter sal in aanhouding bly.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.