Swak rand beperk petrolprysdaling

Deel op

Alhoewel motoriste minder vir brandstof sal betaal, kan ‘n swakker rand nog ‘n invloed uitoefen.

‘n Brandstofprys daling word in September verwag met petrolpryse wat kan afneem tussen 55c en 64c per liter.

Die Automobiel-Assosiasie (AA), het Maandag gesê die skerp depresiasie van die rand teenoor die Amerikaanse dollar word deur die voortgesette daling in internasionale oliepryse veroorsaak.

Die rand het aansienlik teenoor die Amerikaanse dollar sedert die laaste week van Julie verswak.

Internasionale oliepryse neig afwaarts wat beteken dat daar nog ‘n redelike vooruitsig van ‘n daling in die brandstofprys aan die einde van die maand verwag word.

Brentru-olie vir Oktober was Maandag onveranderd op $49,10 per vat.

“Die kombinasie van verhoogde olievoorraad in die VSA en die verhoging van OPUL se produksie, trae groei in die vraag, en ‘n sterker VSA (dollar) sal voortgaan om oliepryse te beïnvloed” het ‘n markontleder aan AFP gesê.

Die AA het gesê sonder die impak van die swak rand, sou die daling in die petrolprys tussen 75c tot 83c per liter gewees het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.