Een van die terroriste wat by Rivonia aangekla is, en goeie vriend van oud-president Nelson Mandela, Ahmed Kathrada het Grey Kollege in Bloemfontein Maandag besoek as deel van sy boekbekendstellingsprogram.
Die oud-terroris wou nie oor die hede praat nie, maar het net op die verlede van “onreg” gefokus voor ‘n gehoor wat weens hul ouderdom geen aanspreeklikheid daarvoor kan aanvaar nie.
Die leerlinge is almal lank na 1994 gebore.
Gesprekke met die jeug oor apartheid is dus gehou met die uitsluitlike doel om kollektiewe wit skuld aan te moedig.
Kathrada wou nie kommentaar lewer oor die huidige politieke situasie nie, maar het eerder gekonsentreer op die “vryheidstryd” in die land.
‘n Dokumentêre program oor die lewe van Kathrada is vertoon, waarna leerlinge die geleentheid gehad het om hom vrae oor sy 26 jaar in die gevangenis te vrae, insluitend die 18 jaar op Robbeneiland.