Volgens die Sunday Independent beplan die ANC om sekere provinsies af te skaf.
Die afskaffing kan lei tot groter magte vir betrokke munisipaliteite.
Dié voorstelle is vervat in ‘n verslag wat in Julie by die party se vergadering besluit is en intussen na provinsiale strukture uitgestuur is.
Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, het by dié geleentheid ook verklaar dat oplossings gemik op werkloosheid, armoede en ongelykheid nog geen vrugte afgewerp het nie.
Mantashe meen die ANC moet eerder op grondhervorming, mynboubelange en breëband fokus.
Die party beplan glo ook om senior staatsamptenare se persoonlike uitgawes en magte te ondersoek.