‘n Swart student wat sy borgtogvoorwaardes verbreek het nadat hy ‘n mede-student na bewering aangeval het, verskyn vandag in die landdroshof in Potchefstroom, het RSG berig.
Leratro Phoofolo is Vrydag op R1500 borgtog vrygelaat en verbied om terug te keer na die koshuis waar hy na bewering ‘n ander student met ‘n skêr gesteek het.
Die hof het Phoofolo verbied om na die koshuis terug te keer, maar hy het die bevel doodgewoon verontagsaam.
Die bakleiery het gehandel oor harde musiek wat in die koshuis gespeel is. Phoofolo word aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer.