Dawie Roodt se ope brief laat ANC koud

Deel op

“Ope briewe skryf nooi mense nie uit om deel te neem aan ‘n bespreking nie,” sê die ANC.

Die ANC se sekretaris-generaal Gwede Mantashe is deur Media24 genader vir sy gedagtes oor ‘n ope brief van Dawie Roodt, ekonoom, wat gerig is aan alle Suid-Afrikaners oor die rede waarom hy nie beplan om te emigreer nie.

Roodt is ernstig beseer toe gewapende swart rowers hom en sy gesin by hul huis in Pretoria aangeval het.

In die brief, getiteld “Ek kies die groter vrees – ‘n brief aan my mede-Suid-Afrikaners – almal van hulle”, betreur Roodt die regering se burokrasie en hoe die land verval, voordat hy besonderhede in ‘n drie-punt plan stel oor hoe dinge verbeter kan word.

Mantashe het gesê die ANC was altyd oop vir gesprekke met iemand, maar nie deur ‘n ope brief nie.

“Hulle stel belang in ‘n publisiteitfoefie, en ek wil nie met sulke mense debat voer nie,” het hy gesê.

“Die brief is nie gerig aan ons nie, dit is gerig aan almal,” het hy bygevoeg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.