Skares ruk op na Marikana

Deel op

Skares het begin saamdrom by die koppie te Marikana, Noordwes, waar 34 mense, meestal mynwerkers, doodgeskiet is tydens ‘n konfrontasie met die polisie in 2012.

Drie jaar na die Marikana-slagting, poog families en vriende van die oorledenes steeds om politieke munt uit die gebeure te slaan.

Die vakbond Amcu het intussen ‘n waarskuwing aan mynhuise uitgereik dat sy lede die beplande afleggings in die sektor ten sterkste sal teenstaan.

Die president van Amcu, Joseph Mathunjwa, het Sondag duisende lede by die derde herdenking van die skietvoorval in Marikana, Noordwes toegespreek.

Dali Mpofu, wat die regspan van die slagoffers en hul families lei, het aan die gehoor van sowat 15 000 gesê die regspan is besig met ‘n reeks siviele eise teen die regering en teen Lonmin vir skadevergoeding van altesame R822 miljoen wat uit die slagting voortspruit.

Die menseregte-aktivis Dumisa Ntsebeza het Sondag voor die skare regter Farlam se onpartydigheid bevraagteken. Die regter het die kommissie van ondersoek na die gebeure gelei.

Tydens die derde herdenking van die Marikana-slagting, het Ntsebeza gesê Farlam is die enigste regter uit vyf wat tydens Jacob Zuma se korrupsieverhoor in die Appèlhof aan die kant van die president was.

Sy opmerkings kan vertolk word as sou Zuma sy vriend as hoof van die kommissie van ondersoek aangestel het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.