Vyf in lugramp dood na ambulansvlug neerstort

Deel op

‘n Ambulansvliegtuig het Sondagoggend in die Tygerbergheuwels neergestort.

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) het alle vliegtuie wat die Kaapstadse Internasionale Lughawe laat wag weens ‘n tegniese fout met hul radars. Die reddingsvliegtuie is ook gelas om te wag.

Die stelsels wat die orde van landings bepaal was glo buite werking.

Die beheertoring het kontak verloor met die rampvliegtuig ongeveer sewe myl buite die lughawe.

Al vyf insittendes is op die toneel dood verklaar.

Die 80-jarige Gabriel le Roux, wat in die vliegambulans-ongeluk naby Kaapstad dood is, sou na die Panaroma Medikliniek geneem word nadat hy in ‘n val in Namibië ernstige beserings opgedoen het.

Die departement van vervoer se vliegtuigongeluk ondersoekeenheid ondersoek die voorval.

Die name van die slagoffers is intussen bekendgemaak.

Hulle was die Suid-Afrikaanse ER24-diens vlieënier, Steven Naude, die mede-vlieënier, Amore Espag en ‘n paramedikus, John Ward.

Die Suid-Afrikaanse pasiënt aan boord die vliegtuig, die 80-jarige Gabriel le Roux en sy dogter, Charmaine Koortzen, 49, wat in Oranjemund in Namibië woon, is ook in die ongeluk dood.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.