Die Messiasideaal: Dawid en Verwoerd

Deel op

Dawid het koning geword oor verskillende stamme danksy die steun van 30 beroemde vegters.

Soos Shaka het Dawid met sy talle vroue tussen sy vegters gewoon.

Vanaf sy huisdak, kon Dawid uitkyk oor sy vegters se vroue se badaktiwiteite.

Dit was ondenkbaar dat Dawid aan sy vegters se vroue sou vat. Dawid se mag was afhanklik van die lojaliteit van sy vegters.

Verder is koning Dawid se huwelike en sekslewe polities beplan, net soos dié van President Zuma vandag. Ma-Ntuli is van die polities belangrike Ntuli familie, Tobeko is van die polities belangrike Madiba-sibbe, en Zuma het ‘n strategiese liefdeskind by die polities belangrike sokkerbaas, Irvin Khoza van Soweto.

Dus toe Dawid kyk hoe Batseba, ‘n vrou van een van sy vegters, bad, en haar toe laat haal en hy haar swanger maak, het Dawid ‘n politieke krisis van epiese afmetinge ontketen.

Deur koning Dawid se dom daad, word sy multi-stamstaat bedreig. As die vegters van Dawid uitvind dat hy hulle vroue misbruik terwyl hulle aan die front veg, is Dawid sowel as sy verenigde stamstaat dood.

Batseba se man moet nou vir Dawid en die staat red, deur terug te kom van die gevegsfront en met Batseba aan huis te slaap, sodat dit kan lyk asof hy die pa van Batseba se baba is.

Batseba se man weier volstrek om weermagbeleid te verbreek en by Batseba sy vrou te slaap terwyl sy manskappe veg. Dawid maak sy vegter dronk, maar dit help ook nie. Daarom beveel Dawid sy Weermaghoof om Batseba se man te vermoor, anders gaan Dawid se misdaad bekend raak, en die staat in ‘n bestaanskrisis gedompel word.

Koning Dawid laat dus nou sy eie lojale vegter vermoor, deur die Hoof van die Weermag, Joab.

Met Batseba se man dood, wat gemaak met die baba? Die baba as bewys van koning Dawid se misdadigheid teenoor sy eie vegters, moet ter wille van staatstabiliteit ook verdwyn en dus ná geboorte vermoor word.

Presies hoe die pasgebore baba van Batseba vermoor is, was te grusaam om te verhaal – waarskynlik deur voedingonthouding. Dit was sewe baie bitter dae vir beide Batseba en Dawid, en Dawid het nog harder as die honger baba gehuil.

Natan, Dawid se dominee, probeer die polities noodsaaklike moord op Batseba en Dawid se baba draaglik maak, deur God te blameer. Natan verseker Dawid dat God die baba deur siekte sal laat sterf, as straf vir Dawid misdaad. So gesien was nie Dawid verantwoordelik vir die moord op die baba nie, maar God, en so kon Dawid vergifnis verkry vir die onvergeeflike.

Natan verklaar verder dat Dawid se dade vir seker tot burgeroorlog sal lei. Natan weet van die politieke moeilikheid wat gaan kom, want Agitofel is die oupa van Batseba. As Batseba se oupa, weet Agitofel van Dawid se baba met Batseba. Agitofel weet dus ook hoekom Batseba se man dood is, en wie die vegter vermoor het.

Agitofel, die oupa van Batseba, is ook Dawid se professionele politieke raadgewer. Agitofel is ‘n koningmaker. Met sy professionele raad het Agitofel Dawid koning van verskeie stamme gemaak. Agitofel besluit tereg dat dit onmoontlik is om ‘n moeilike multi-stamstaat stabiel te bestuur met ‘n koning soos Dawid. Agitofel besluit ná die Batseba-debakel om Absalom koning te maak.

Ná die moord op Batseba se man, is dit baie maklik om van die beroemde vegters vir Absalom kant te laat kies. Slegs Dawid se persoonlike lyfwag, die Filistynse Kreti en Pleti, bly hom ondersteun.

Agitofel skep ‘n geleentheid om vir almal te wys hoekom hy teen Dawid gedraai het. Agitofel adviseer Absalom om ‘n tent in die middedorp van Hebron op te slaan. 10 Van Dawid se agtergeblewe bywywe word openlik een vir een in die tent in geneem, waar Absalom vir hulle wys waar Dawid die wortels van sy eie ondergang gegrawe het.

Daarna gaan Agitofel, Absalom en van sy vegters uit om oorlog teen Dawid te maak. Dawid en die kern van sy ondersteuners ontsnap egter met hulle lewens. Agitofel se raad aan Absalom is om nie sy vegters en soldate te laat rus nie – hulle moet onmiddellik voortveg, totdat ook die vlugtende Dawid dood is.

Dawid se geheime agent in die Absalom-kamp, adviseer Absalom egter teen Agitofel se raad in. Die agent se raad aan Absalom is dat Dawid se leër nog baie sterk is, sodat onmiddellike verdere opvolgoperasies met Absalom se uitgeputte soldate onnodig riskant sal wees. Dit sal beter wees om eers te rus en weer sterk te word, en daarna seker te maak dat Dawid se magte heeltemaal uitgewis word.

Agitofel wat Dawid se wenstrategie en alliansies beplan het, weet egter dat Dawid geen tyd gegun moet word om te herstel en magte te mobiliseer vir verdediging nie. Agitofel het vir Dawid geleer hoe om te oorleef en te wen. As Absalom nie nou na Agitofel se raad luister nie, is dit verby met koning Absalom, want Dawid sal tyd kry om magte te mobiliseer en terugslaan.

Absalom moet ‘n besluit maak. Óf hy luister na Dawid se beroemde raadgewer, Agitofel, óf hy luister na die oënskynlik minder riskante advies van iemand wat hy meer vertrou. Ironies is laasgenoemde juis Dawid se geheime agent, en nie Agitofel nie.

Toe Absalom Agitofel se raad verwerp, weet Agitofel dat Absalom nie slim genoeg is om koning te kan bly nie, en dat Dawid weer sal terugkom en wen.

Agitofel doen toe presies wat ‘n suiwer professionele politieke raadgewer en geniale koningmaker sal doen in so ‘n situasie. Agitofel gaan na sy huis toe, werk al sy dokumente en testament by, en pleeg selfmoord. Hy weet dis verby met Absalom, so doodseker soos wat sy eie professionele politieke loopbaan verby is.

Dawid het die Weermaghoof gebruik om Batseba se man en sy eie lojale vegter te vermoor. Dawid se Weermaghoof vermoor nou ook vir Absalom, deur 3 pyle deur Absalom se hart te druk, waar ‘n vlugtende Absalom met sy hare aan ‘n boom se takke vassit.

Omdat Absalom die seun van Dawid was, het Dawid sy soldate opdrag gegee om nie vir Absalom dood te maak nie. Dawid kan egter niks teen sy Weermaghoof wat Absalom vermoor het doen nie. Joab was nog altyd Dawid se getroue persoonlike moordenaar, en Joab doen altyd wat hy moet doen.

Ironies dat juis Joab vir Absalom vermoor het. Dit was Joab wat vir Absalom na Dawid toe terug gebring het, nadat Absalom 3 jaar op vlug was weens die moord op Amnon, Dawid se eerste seun. Amnon was baie soos sy pa: Toe Amnon sien hoe mooi Tamar sy stiefsuster, maar Absalom se suster was, kon Amnon nie verder normaal leef sonder om eers gemeenskap met haar te hê nie, en in sy onbeheerste obsessie het Amnon vir Tamar met voorbedagte rade verkrag.

Toe Dawid oud was, word ‘n pragtige jong meisie vir hom gegee om by hom te slaap. Koning Dawid kon egter met die sterkste politieke wil ter wêreld nie ‘n ereksie kry om met haar omgang te he nie, en dis hoe sy familie bevestig dat Dawid se einde naby is.

Dawid se seun Adonijah maak aanstaltes om koning te word.

Dit stel Batseba, nou Dawid se vrou, en haar wettige seun Salomo se lewens in gevaar.

Met behulp van Dawid se dominee en Batseba, word Salomo egter koning. Adonijah wat tempel toe gevlug het, se lewe word vir eers gespaar. Toe Adonija later tog aansoek doen om met een van Dawid vrouens te trou, en so sy volgehoue politieke ambisie bewys, laat Salomo vir Adonija vermoor. Salomo laat ook vir Joab vermoor.

Salomo bou ‘n ryk deur politieke huwelike met 700 vrouens en 300 bywywe te sluit. Salomo se ryk gaan bankrot, en met verhoogde belastings skeur die koninkryk in twee.

Vandag se Westerse konings vaar nie veel beter nie. President Bill Clinton het op sy lessenaar in die Ovaalkantoor van die Withuis ‘n jong Jodin se skede met ‘n sigaarkoker gepenetreer en op haar rok ge-ejakuleer. Clinton se vrou Hillary het daaroor nie van hom geskei nie, sodat sy steeds later president kan word.

In 2015 loop Bill Clinton se opvolger en vrou dan ook voor in die presidentsresies van die dinastiese Demokratiese Party. Die Republikeinse Bush-koningshuis het broer Jeb as hul kandidaat.

Die naaste wat die post-WOII- Westerse wêreldorde aan ‘n onberispelike leier gekom het volgens die Messiasideaal van wyse en regverdige regering, met voorspoed vir die verskillende volkere van die ryksgebied, was onder Verwoerd in Suider-Afrika.

Hoe sou die volkere van die Europese Unie-ryksgebied onder Verwoerd gevaar het? Hoe sou die rasse in die ryksgebied van die Verenigde State van Amerika onder Verwoerd gevaar het? Verwoerd het in die tydvak van globale imperialisme ‘n voorbeeld vir die Weste, vir die hele wêreld gestel.

Daardie Messias-tipe is vermoor, en gedemoniseer, deur die Weste, deur Time Magazine in die besonder.

Verwoerd het as professionele sielkundige en wetenskaplike in die wêreld, en oor die Suid-Afrikaanse ryk regeer. Predikante moet preek oor Verwoerd se Messias-voorbeeld in Afrikanerkerke. Op staatskole word Afrikanerkinders geleer van Nelson Mandela as Messias.

In vergelyking met Dawid, was Madiba moontlik ‘n heilige. Hy het nie Winnie se minnaars laat vermoor nie, altans nie sover ons weet nie.

Maar Verwoerd is by verre die beste historiese maatstaf van Messiasregering op aarde.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.