Mugabe lyk oud en afgeleef

Deel op

Zimbabwiese diktator, Robert Mugabe, 91, het na bewering Dinsdag tydens dié land se Weermagdag-vieringe besonder moeg en afgeleef gelyk, het News Day berig.

Volgens dié berig het hy gesukkel om te stap tot by die podium waar hy sy toespraak in minder as 30 minute gelewer het.

Hy het ook vir ’n paar minute tydens inspeksie van die parade stilgestaan. Net die vorige dag, by die heldeakker, het sy toespraak langer as ’n uur geduur, lui die berig.

Die swart pimpernel wat reeds sedert die land se onafhanklikwording in 1980 aan bewind is, sê hy is blakend gesond.

Zanu-PF, Mugabe se party, het vroeër bevestig dat hy weer in die 2018-verkiesing as president verkiesbaar is.

Volgens die staatsbeheerde Zimbabwe Broadcasting Corporation (ZBC) het Mugabe die Zimbabwiese weermag (ZDF) geprys vir sy “rol om die land se territoriale integriteit, soewereiniteit, maat­skaplike en ekonomiese ontwikkeling te be­skerm”.

Hy het ook gesê die weermag is die ekonomies geknelde land se trots.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.