Mediese studente kry nie kadawers nie

Deel op

Suid-Afrikaanse universiteite ondervind ‘n tekort aan kadawers vir mediese studies, het RSG berig.

Die Anatomiese Vereniging van Suider-Afrika sê die tekort het ontstaan weens die toename in mediese studente regdeur die land en die afname in die skenking van liggame.

‘n Woordvoerder van die vereniging sê die tekort het ‘n nadelige uitwerking op die opleiding van mediese studente.

Sy het ‘n beroep op mense gedoen om dit te oorweeg om hul liggame ná hul dood vir mediese navorsing te skenk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.