Al nege onderwysdepartemente kry druipverslae

Deel op

Al nege provinsiale onderwysdepartemente het druip-rapporte gekry vir die bou van nuwe klaskamers en die instandhouding van skole.

NUUT!

Dit is volgens ‘n prestasie-verslag deur die ouditeur-generaal.

Die verslag het tekortkominge met infrastruktuurprojekte in al nege provinsies uitgewys.

Van die bevindinge gaan oor die verontagsaming van tenderprosedures, die feit dat projekte nie gemonitor word nie en die aanstelling van kontrakteurs wat nie aan vereistes voldoen nie. Swak bouwerk en skole sonder elektrisiteit en water is tydens die inspeksie van die 52 skole landwyd gevind.

Projekte is ook deur kontrakteurs vertraag en een so ‘n projek is in die Vrystaat gevind waar die bou van ‘n skool al vir ‘n jaar agter skedule is.

Provinsies het altesaam R6.6 miljard vir dié projekte gedurende die 2013/2014 boekjaar ontvang.

Die auditeur-generaal sê konstruksie van klaskamers en die instandhouding van skole laat veel te wense oor.

‘n Nuwe skool wat al vyf jaar gelede voltooi is maar nog leeg staan, is tydens ‘n inspeksie van infrastruktuurprojekte in die Noord-Kaap gevind.

Die bevindinge is in ‘n auditeur-generaal-verslag oor ‘n prestasie-oudit van die onderwyssektor vervat.

Van die probleme met die projekte in verskeie provinsies sluit in die aanstel van kontrakteurs wat nie aan vereistes voldoen nie en swak monitering deur provinsiale onderwysdepartemente.

Luidens die verslag is die bou van ‘n skool in die Vrystaat al vir ‘n jaar lank vertraag, terwyl ‘n skool in die Noord-Kaap ‘n wit olifant geword het omdat die sleutels van die gebou nooit aan die provinsiale onderwysdepartement oorhandig is nie.

Leë klaskamers, rekenaarlokale en biblioteke is in ses provinsies gevind, want toerusting is nooit afgelewer nie.

Swak bouwerk, wat ‘n bedreiging vir kinders en personeel se veiligheid inhou, is ook in sommige skole gevind.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.