Onluste nadat migrante in stadion toegesluit word

Deel op

Polisiemanne op die Griekse eiland Kos het probeer om honderde migrante te beheer, deur hulle met brandblussers te spuit en met knuppels te slaan nadat onluste uitgebreek het.

Die polisie het migrante met knuppels geslaan om ’n stormloop te voorkom, ’n dag nadat ’n Griekse beampte verfilm is waar hy ’n migrant klap.

Die voorval het plaasgevind toe migrante na ’n plaaslike voetbalstadion geneem is, nadat hulle vir weke langs paaie en op die eiland se strande gekampeer het.

Honderde migrante stroom daagliks na die eiland.

George Kiritsis, die burgemeester van Kos, het Donderdag erken op ‘n nuuskonferensie dat daar onrus uitgebreek het, maar ontken dat die aankomelinge doelbewus toegesluit is in die stadion. Migrante beweer die onluste het uitgebreek omdat hulle gevange geneem is in die stadion.

Hulpverleners skat dat daar 6000 tot 7000 vlugtelinge en immigrante uit lande soos Sirië tans op Kos is, die ekwivalent van sowat 20 persent van die eiland se bevolking.

Die meeste van hulle het die kort reis uit Turkye onderneem. Die Turkse kuslyn is duidelik sigbaar van die Griekse hawe. Die vreemdelinge bereik die EU dmv rubberbote in die middel van die nag.

Hulle wil na Swede en Nederland gaan waar hulle van voornemens is om van uitkerings te lewe. “Ek hou baie van Frankryk,” het een gesê in gebroke Frans. “Maar ek dink dat hulle nie Siriërs toelaat nie.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.