Goudmynloononderhandelinge bereik dooiepunt

Deel op

Loononderhandelinge in die goudsektor het gister ’n dooiepunt bereik nadat die vakbonde Amcu en die NUM die jongste loonaanbod van die hand gewys het, het OFM berig.

Die geskil is na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys. Die aanbod wissel tussen 7,8% en 13% vir werknemers in kategorieë vier tot agt.

Woordvoerder vir die goudprodusente, Memory Johnstone, sê die maatskappye, wat AngloGold Ashanti, Harmony Gold, Sibanye, Evander Gold Mines en Village Main Reef insluit, is verbind tot voortgesette gesprekke tot ‘n ooreenkoms bereik kan word.

Amcu eis ‘n intreevlak-salaris van R12 500 per maand, terwyl die NUM tussen R9 500 en R10 500 eis.

Die NUM het volgens die SABC gesê daar is nie veel hoop dat ‘n ooreenkoms bereik sal kan word nie en dat ‘n staking by AngloGold Ashanti, Harmony Gold en Sibanye onvermydelik is.

Amcu sê werkgewers het teruggegaan na hul vorige aanbod, wat vir die vakbond onaanvaarbaar is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.