Aanslag teen Al-Sjabaab verskerp

Deel op

‘n Gesamentlike aanslag van die Somaliese weermag en magte van die Afrika-Unie is op die Al-Sjabaab-vesting, Kismayo, toegespits.

Die terreurgroep verdien glo aansienlike bedrae uit heffings en belastings omdat hulle die hawe van Kismayo beheer.

Regeringsamptenare het die week gesê die gesamentlike magte is besig om verdere druk op die Al-Sjabaab- vesting toe te pas.

Duisende burgerlikes het gevlug voor die verwagte aanslag. Keniaanse troepe, wat deel uitmaak van die 17 000 vegters van Afrika-Uniemag, veg sy aan sy met Somaliese milisiegroepe, wat teen Al-Sjabaab met sy noue bande met Al-Kaïda gekant is.

Die groep is nou ongeveer 40 kilometer van die suidelike Somaliese hawestad.

Beheer van Somalië, gebuk gegaan het onder meer as twee dekades van burgeroorlog, is van kardinale belang om sekere buitelandse beleggers tevrede te stel en die ekonomie ‘n hupstoot te gee.

Olie- en gasontginning kan teen 2020 afskop nadat Shell, Exxon en BP aangedui het dat hul eksplorasiewerk suksesvol afgehandel is, volgens President Hassan Sheikh Mohamed.

Die konflik het reeds troepe vanuit lande soos Ethiopië, Kenia, Uganda, en Burundi ingetrek.

Al-Sjabaab word vermoedelik deur Eritrië befonds wat Ethiopië se magsposisie in die streek wil inperk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.