Honderde veevrektes na droogte Ethiopië tref

Deel op

Seisoenale reën het vanjaar nie in sommige dele van Ethiopië geval nie en die dood van groot getalle vee en ander diere veroorsaak.

Die regering sê nog nie dat dele van die noorde, noordooste en ooste van Ethiopië droogtegeteister is nie, maar die impak het reeds sy tol geëis.

‘n Ooggetuie het aan AP gesê hy het honderde dooie beeste langs die pad tussen Addis Abeba en die hoofstad van die Afar-streek, Semera, gesien. Hy het ook dosyne vragmotors opgemerk wat noodvoedselhulp afgelewer het.

Die regering is besig om voedsel op te gaar, ten einde tekorte later af te weer.

Landbou, wat van reën afhanklik is, is ‘n primêre bydraende faktor tot Ethiopië se ekonomie en dra byna 45 persent tot die land se bruto binnelandse produk by en verskaf werk aan 85 persent van die bevolking.

Die land is tussen 1983 en 1985 ook deur droogte getref wat die dood van byna ‘n halfmiljoen mense tot gevolg gehad het.

Alhoewel die sterftes aan droogte toegeskryf is, is die ramp hoofsaaklik veroorsaak deur ‘n “transformasieprogram” deur Marxiste.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.