President dank twee ministers af wat kla oor nuwe termyn

Deel op

Reuters berig dat president Dennis Sassou Nguesso van die Republiek van Kongo twee ministers afgedank het wat gekant is teen voorgestelde grondwetlike wysigings om vir hom ’n verdere termyn as president moontlik te maak.

Die 71-jarige Sassou Nguesso regeer al vir 31 jaar die olie-ryke Kongo. Volgens die huidige grondwet is hy tot twee termyne as staatshoof beperk.

Hy het egter verlede maand ’n forum byeengeroep om grondwetlike hervormings te bespreek om die verhoging van die maksimum ouderdom van presidentskandidate en die tweetermyn-beperking te bespreek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.