Nuwe Rwandese grondwet sal president drie termyne gee

Deel op

Rwandese wetgewers het ná landwye konsultasies bevind net tien mense is gekant teen moontlike grondwetlike wysigings om pres. Paul Kagame ’n derde termyn as president te gee.

Luidens ’n verslag wat die week bekend gemaak is, het meer as 3,7 miljoen mense, meer as 60% van kiesers, ’n petisie onderteken om die grondwet te verander, het AFP berig.

Die president sal dus nie meer tot net twee ampstermyne beperk word as die grondwet verander word nie.

Die 57-jarige Kagame is sedert 1994 aan bewind nadat ’n offensief deur sy Rwandese Patriotiese Front (RPF) rebelle ’n einde aan die menseslagting deur Hutu-ekstremiste gemaak het, waarin nagenoeg 800 000 mense, meestal Tutsi’s, dood is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.