Eskom leen nóg R20 miljard op markte

Deel op

Die elektrisiteitsverskaffer Eskom het gister gesê dat hy nog 20 miljard rand op die plaaslike en internasionale markte gaan leen, asook ‘n poging gaan aanwend om laer pryse op sy steenkoolkontrakte te onderhandel.

Volgens Brian Molefe, die uitvoerende hoof van Eskom, het die maatskappy reeds R49,5 miljard in buitelandse fondse geleen, wat onmiddellike likiditeitsprobleme uit die weg ruim.

Eskom het verlede jaar R3,6 miljard wins gemaak, wat egter die helfte minder is as die R7,1 miljard wat hy verlede jaar aangeteken het.

Die graderingsagentskap Standard & Poor het Eskom se kredietgradering in Maart tot dié van “rommel” verlaag, wat heel waarskynlik die verskaffer se rente-onkoste gaan verhoog.

 

“Skuldkoste oor die afgelope jaar het reeds gestyg en sal weereens styg soos wat meer geld geleen word, waarby ‘n mens die Federale Reserwe se rentekoersverhogings moet inreken, dus neig dít alles in die verkeerde rigting,” meen Peter Attard Montalto, ‘n ontluikende-markte-ekonoom by Nomura.

Volgens hom sou tariefverhogings ‘n beter opsie wees, maar Suid-Afrika se energie-reguleerder het ‘n versoek om elektrisiteitspryse met 9,5 persent op te stoot, verwerp.

Intussen het daar ‘n dispuut ontstaan tussen Eskom en sy hoofverskaffer, Glencore, die maatskappy wat deur die Suid-Afrikaans-Joodse miljardêr, Ivan Glasenberg, vanuit Switserland beheer word, ontstaan. Eskom eis R2 miljard aan vergoeding van Glencore se Optimum-steenkoolmyn vanweë die swak gehalte steenkool wat hy na bewering van die myn ontvang het.

Glencore hou egter vol dat hy Eskom van “hoëgehaltesteenkool” voorsien het.

Sedert die ANC se oorname van Eskom, het die elektrisiteitsreus bloot nuwe personeel teen hoë salarisse aangestel, sonder om die nodige onderhoudswerk en vernuwing van sy sentrales te verrig. Vandaar die beurtkrag waaraan Suid-Afrika gereeld onderwerp word.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.