Britte sien bedreiging in seemeeue

Deel op

Seemeeue se manewales maak groot opslae in Britanje.

Hoewel besoekers aan die land se strande gewoond geraak het aan die voorbarige geveerdes wat hul vis en tjips steel, haal die voëls deesdae ook koerantopskrifte in die poniepers.

Van die onlangse berigte sluit in ‘n seemeeu wat ‘n slimfoon gegaps het, ‘n kanibalistiese reeksmoordenaar, en hoe die veglustige voëls onwettige immigrante laat spaander het.

Die meeue word luidens berigte in selfs die hoofstroom media al meer slinks met hul diefstal, maar kenners meen die diere het bloot net gewoond geraak aan mense se teenwoordigheid in hul omgewing en sien hulle as ‘n bron van kos.

Die seemeeue is dalk ook meer aggresief in Julie omdat hulle kuikens het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.