Nasionale Khoisan Sakekamer wil erfenis beskerm

Deel op

Die nuut-gestigde Nasionale Sakekamer van die Khoi- en San-mense het onderneem om seker te maak dat inheemse groepe ekonomiese voordeel trek uit hul intellektuele eiendom.

Die leierskap van die Boesmans, Namas, Koranas, Griekwas en Kaapse Khoi-mense het in Kaapstad byeengekom, waar daar onder meer besluit is om hul kennis te patenteer.

Die president van die sakekamer, Reuben Richards sê hulle sal hul daarop toespits om hul mense te integreer wat buite die ekonomie is.

Hy sê hul tradisionele erfenis en idees moet beskerming geniet.

Intussen is ook berig dat die groot San-gemeenskap in die Omahekestreek in Namibië eersdaags hervestig word nadat 14 000 hektaar grond by Otjinene, 32 000 hektaar by Otjiuapehuri en 30 000 hektaar by Epukiro na geslaagde onderhandelinge met tradisionele owerhede en gemeenskappe vir dié doel bekom is.

San-gemeenskappe in Aminuis, Otjinene, Epukiro en Eiseb sal glo bystand met die hervestigingsproses en die verskaffing van onder meer water, ’n kliniek, ’n skool en polisiekantoor ontvang.

Sedert hul terugkeer het van Botswana het hul posisie agteruitgegaan en die San beskik nog oor geen nasionale dokumente nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.